Monday 24 October 2011

Assesseringstandaarde

Uitkomste:
Die doel van die uitkomste is om die leerders se algemene kennis te verbreed oor wat in lewenswetenskap voorkom en hoe om die kennis rondom lewenswetenskap te verbreed. In die blog kom daar verskillende prente voor wat die leerder kan help en min of meer sien wat verwag word. Daar is ook n link wat gevolg kan word wat vir die leerder verskillende inligting kan gee wat van hulp is.

Asseseringstandaarde:
Leerders laai die blokkiesraaisel van die blog af. Elke leerder moet die raaisel invul volgens die leidrade wat voorsien word. Leerders sal geassesseer word volgens die hoeveelheid antwoorde wat hulle korrek beantwoord het. Die blokkiesraaisel bestaan uit 20 vrae wat handel oor die voorplantingstelsel en help so doende die leerder om voorteberei vir die klas.

Instruksies vir Blokkiesraaisel

Vul die hele blokkiesraaisel in en bring dit die volgende periode klas toe.

LOOM

 
ACROSS
1. Orgaan gebruik om sperms van die man na die vrou oor te dra?
2. Manlike geslagsel of gameet?
4. Plek waar eierselle vervaardig word?
6. Mengsel van sperms en vloeistowwe wat deur verskillende kliere afgeskei word?
7. Proses waartydens geslagselle vervaardig word?
9. Die hol orgaan by soogdiere waarin die embrio ontwikkel?
10. Die weefselkompleks, ryklik voorsien van bloedvate, waardeur diffusie in die uterus plaasvind?
12. Proses waardeur somatiese selle verdeel?
13. Vroulike geslagsel of gameet?
15. Huisves die testis?
16. Studie wat handel oor ontwikkeling van embrio?
17. Die vrystelling van 'n ryp eiersel uit 'n Graafse follikel.
18. Delingsproses waardeur gamete ontstaan?
DOWN1. Klier wat alkaliese stof afskei om sperms teen suur in vagina te beskerm?
3. Ouderdom waarop geslagtelike volwassenheid bereik word?
5. Staduim in embrioniese ontwikkeling waar dit soos 'n moerbei lyk?
8. Huisves die selle van Sertoli?
11. Die blasie waarin die eiersel in die ovaruim ontwikkel?
14. Vroulike hormoon verantwoordelik vir sekondêre geslagskenmerke.

Biologie inligting

Lewenswetenskappe

Prente